South African Bonsai Association

SABA © Constitution Mag

Home.

About.

News and Events.

Articles.

Gallery.

Clubs & Contacts.

Links.

About Hansie Bekker

Waterberg Bonsaiklub

Contact Person:      Hansie Bekker

Contact No:           082 820 4306

Email:                    hansieb@lantic.net

Profiel van Hansie Bekker

 

Gebore en getoë in Bloemfontein en dus eintlik ‘n Cheetah ondersteuner.  Ek en Elize is in 1967 getroud, het vier pragtige kinders en ‘n paar kleinkinders.  Ons bly die afgelope drie jaar in Mookgophong (Naboomspruit) nadat ons omtrent 27 jaar in Johannesburg was.

 

Bonsai was nie hoog op my prioriteitslys gewees toe my kinders in 2002 vir my ‘n bonsai (Acacia burkeii) vir my verjaarsdag gegee het nie.  Hulle het seker gesien ek word ouer en dat ek ‘n stokperdjie behalwe werk moet hê.  Dit het egter die saadjie geplant en later die jaar het ek die Eastern Bonsai Society (EBS) se uitstalling in Johannesburg bygewoon, lid geword en die beginnerskursus gedoen.  Dit is belangrik dat as jy deel van iets is, dat jy betrokke moet wees.  Ek het gereeld vergaderings, kongresse en werkswinkels by Rob Clausen en ander plaaslike meesters bygewoon en het vanaf my eerste jaar ook gereeld bome uitgestal.   Ek is oortuig daarvan dat werkswinkels die plek is waar die dinge regtig gebeur.  Dit is daar waar jy moet snoei, bedraad, styleer en selfvertroue kry onder leiding van senior bonsaiers.  Dit help jou ook om te sien wat doen ander ouens.  Belangriker, jy leer!! Ek glo vas dat ons elke dag iets by iemand kan leer en dit is so waar by bonsai.

 

Ek het mettertyd op die EBS komitee beland en geleer hoe werk ‘n bonsaiklub.  

 

Nadat ons in 2006 uitgetree en platteland toe gevlug het, het ek dadelik bonsaimense begin soek, hulle gevind en in 2007 het ons die Waterberg Bonsaiklub gestig.  Die Klub se lede kom uit die hele Waterbergstreek en dit is vir my wonderlik om te sien dat mense bereid is om tot 500 kilos op ‘n dag te ry om ‘n gewone vergadering by te woon.  

 

Ek het vandag 'n redelike groot versameling bome en 'n klompie bonsai.  My grootste prestasie tot dusver, is dat my Bougainvillea nou vir die WBFF se 1988 – kompetisie gekies is as een van die 200 wenners wat in ‘n boek gepubliseer sal word.  Mens besef ook dat dit iets is wat dalk net een keer in jou bonsai loopbaan na jou kant toe kom en ek is baie dankbaar daarvoor.

 

Wat lê voor: Nog baie lekker bonsai jare waarin ek my “stuff” wil minder maak, ‘n klompie mooi bonsai wil skep en ek wil ‘n selfgemaakte Top Tien - boom in my bonsaien kry.

Tell us what you think?