South African Bonsai Association

SABA © Constitution Mag

Home.

About.

News and Events.

Articles.

Gallery.

Clubs & Contacts.

Links.

Ben’s interest in bonsai dates back to his childhood, round-about 1951 when he was in St 5 when he ordered a bonsai course through the “huisgenoot” magazine.  He never followed it through and all he remembers of this course is that you plant a seed in an os dat jy ‘n pit in ‘n halwe lemoen plant en soos wat die worteltjies deur die skil groei, sny jy dit af.

 

Gedurende 1996 het ek by die bekende  Ludwig Roos kwekery  ‘n swart Apiesdoring boompie van ‘n Bonzai “koning” gekoop, dit in die kar se bagasiebak geplaas en by die huis ontdek dat die boompie  “dood” is as gevolg van die “hitte”. Gelukkig het hy gou weer reggekom.

 

In die begin van 1997 het ons ‘n Bonzai uitstalling bygewoon en  kennis gemaak met Pretoria Bonzai Kai. Die eerste vergadering wat ek bygewoon het was by die huis van John Lynch en wat was my verbasing groot om sy baie boompies te sien – ongelooflik. En dit was die begin van ‘n groot nuwe belangstelling wat baie innoverend is; en ook om lid te wees van Pretoria Bonzai Kai wat reeds sedert 1969 bestaan.

 

Die volgende vergadering was ‘n dag byeenkoms  met die tema ‘Groep aanplantings” en hier het ek ‘n woud met John Lynch se klein “Maples” gemaak. Hierna het ek ‘n Beginnerskursus;  by Charles Ceronio bygewoon.

 

‘n Paar maande daarna het ‘n boomgrawe uistappie byRustenburg  gevolg; waar ek en my seun op Tommie Flaxman se aanbeveling ‘n Budlea uitgegrawe het, wat ons feitlik die hele dag besig gehou het. Hierdie boom lewe vandag nog ter ere van Tommie.

 

Die bome het hierna meer geword: party uitgegrawe, party by kwekers gekoop, soos oa. twee baie  klein ou akkerbome by ‘n ou kwekery in Bethlehem; asook met werkswinkels en demonstrasies by die klub - en dit is waar ‘n mens leer.

 

Gedurende 1999 het my Bonzaimaat, wyle Dr Fanie Basson my meegedeel dat die “kenners” meen dat ‘n wilgerboom nie regtig ‘n  Bonzai maak nie, maar hy probeer en het ‘n  volledige artikel in “Europe bonsai” gekry. Dit het my aangespoor om ook te probeer. Ek het ‘n tak van ongeveer 20cm dik en 300cm lank op ‘n plaas afgesaag, vir twee weke in water laat lê en geplant. Soos wat die take langer geword het, het ek dit onder die skadunet vasgemaak sodat dit langer word en nie die grond raak nie. Dit was die beginjare van die wilgerboom. Die bedrading aan dik takke moet redelik lank aanbly, want die takke buig maklik terug as jy die draad afhaal. Dit gebeur ook dat takke afsterf. Dit is ook bekend dat bome vrek as gevolg van ‘n moontlike “kanker”.

 

Sedert ek 6 jaar gelede afgetree het, en in ‘n aftreeoord woon is daar nou meer tyd vir “boompie- boompie” soos wat my vrou dit noem. Die aftreeoord is in die suidooste op een van die drie hoogste plekke in Pretoria en redelik winderig met hoëveld klimaat –  en daarom moet ek dit in die winter toemaak met ‘n “gordyn” van die wit rypbestande lap wat ek in die dag oprol en in die aand afrol. (Sien fotos).

 

Ek het ‘n versameling van ongeveer 90 bome wat oa insluit: Wildevye, Ouhoute, Akker, Geelhout, Budlea,Koraalbome waarvan slegs een blom. Azaleas,ens; en dan my pers Bougainvillea wat verlede jaar op die konvensie deur Farrand Boch as boom nommer 4 aangewys is en ook saam met van die ander bome in die Jan/Febr 2010 uitgawe van “bonsai Focus” van Farrand Bloch verskyn het. My geliefde spesie is Juniper  Procumbus Nana in oa. vlotstyl, “Wonderboomstyl”en waterval(cascade) styl.

 

Huidiglik eksperimenteer ek met polistireen nadat Tony Motrimer  ongeveer twee jaar gelede ‘n demonstrasie aangebied het oa., hoe om rotse daarmee te maak. Hierby fotos van wat ek reeds probeer het.

 

Ek hoop en vertrou dat ek nog ‘n hele paar jaar gespaar sal bly om die BOOMPIES te geniet!!

 

Tell us what you think?

About Ben Kruger